strepieskode [boodskap #130880] |
Tue, 14 April 2020 20:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
strepieskode
Afbreking: stre•pies•kode
Samestelling: strepies + kode
Uitspraak: /ˈstrɪə̯pisˌkʊə̯də/
Selfstandige naamwoord: strepieskode
Meervoud: strepieskodes
Betekenis:
• 'n Kode in die vorm van smal strepies op produkte waarmee produkinligting met 'n skandeerder afgetas kan word.
Gebruik:
• As die strepieskode beskadig is, moet die winkelier die prys op die kasregister insleutel.
Sinoniem:
• staafkode
Vertaling:
Engels: barcode
Nederlands: streepjescode, barcode
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|