skroef [boodskap #130858] |
Mon, 13 April 2020 14:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skroef
Afbreking: skroef
Uitspraak: /skruf/
Selfstandige naamwoord: skroef
Meervoud: skroewe
Verkleinwoord: skroefie
Meervoud van verkleining: skroefies
Betekenis:
• Pen met skroefdraad wat gebruik word om dinge aan mekaar vas te draai.
• Werktuig met blaaie wat 'n skip of vliegtuig voortdryf.
Gebruik:
• Die kop van die skroef het 'n gleuf waar die punt van die skroewedraaier inpas.
• Die skip se skroef word deur 'n stoomenjin aangedryf.
Spreekwoord:
• Daar is 'n skroef los. [Daar is iets verkeerd.]
Afgelei:
• stelskroef
Vertaling:
Engels: screw; propeller
Nederlands: schroef
Werkwoord: skroef
Verlede tyd: het geskroef
Betekenis:
• Om vas te draai,
Gebruik:
• Hy skroef die rak vas aan die muur.
Vertaling:
Engels: to screw
Nederlands: schroeven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|