| verraad [boodskap #130855] |
Ma., 13 April 2020 10:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24162 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verraad
Afbreking: ver•raad
Selfstandige naamwoord: verraad
Meervoud: –
Betekenis:
• Die skending van trou.
Gebruik:
• Het hulle die mense verlei uit onkunde, of bereik dit 'n vlak van growwe verraad?
Sinoniem:
• dislojaliteit
• ontrouheid
• troueloosheid
• verraaiery
Hiponiem:
• buskruitverraad
• hoogverraad
• kleinverraad
• krygsverraad
• liefdesverraad
• landverraad
• selfverraad
• staatsverraad
• volksverraad
Afgelei:
• verraadverhoor
Vertaling:
Engels: treason, treachery, betrayal
Nederlands: verraad
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|