verlig [boodskap #130847] |
Mon, 13 April 2020 08:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verlig
Afbreking: ver•lig
Byvoeglike naamwoord: verlig
Vergrotende trap: verliger
Oortreffende trap: verligste
Attributief: verligte
Partitief: verligs
Intensief: helderverlig
Betekenis:
• Met lig verhelder.
• Van druk en las bevry.
• Geestelik verryk; ruimer en met meer insig dink.
Gebruik:
• Die eens donker pad is nou verlig.
• Sy was verlig toe sy sien dat haar kinders veilig is.
• Weishaupt begin 'n geheime organisasie van mense wat sy verligte denke steun, wat vandag as die Illuminati bekend staan.
Sinoniem:
• belig
• ophelder
• toelig
Antoniem:
• verdonker
• verkramp
Vertaling:
Engels: light up, illuminate; enlighten
Nederlands: verlicht
Werkwoord: verlig
Verlede tyd: het verlig
Betekenis:
• Van lig voorsien.
• Minder swaar of moeilik maak.
Gebruik:
• Die lamp verlig die kamer net gedeeltelik.
• Die pille verlig die pyn.
Vertaling:
Engels: to light up, illuminate; to lighten, alleviate, ease
Nederlands: verlicht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|