seekomkommer [boodskap #130844] |
Mon, 13 April 2020 07:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
seekomkommer
Afbreking: see•kom•kom•mer
Samestelling: see + komkommer
Uitspraak: /ˈsɪə̯.kɔmˌkɔ.mər/
Selfstandige naamwoord: seekomkommer
Meervoud: seekomkommers
Verkleinwoord: seekomkommertjie
Meervoud van verkleining: seekomkommertjies
Betekenis:
• 'n Seedier wat soos 'n komkommer lyk in die klas Holothuroidea en die filum Echinodermata (stekelhuidiges).
Gebruik:
• Die seekomkommer het nie 'n skelet nie, kom wêreldwyd in oseane voor en is oor die algemeen swart, bruin of olyfgroen van kleur.
Vertaling:
Engels: sea cucumber
Nederlands: zeekomkommer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|