Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pruim
pruim [boodskap #130829] Sun, 12 April 2020 17:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Pruime
Pruime
pruim
Afbreking: pruim
Uitspraak: /prœi̯m/


Selfstandige naamwoord: pruim
Meervoud: pruime
Verkleinwoord: pruimpie
Meervoud van verkleining: pruimpies

Betekenis:
• 'n Soort gladde pitvrug of die boom wat die vrugte dra, Prunus domestica.
• Stukkie tabak (roltwak) waaraan gekou word.

Gebruik:
• 'n Pruim 'n dag is goed vir die konstitusie.
• My oupa het gereeld aan pruim geknaag.

Afgelei:
• pruimboom
• pruimjellie
• pruimkonfyt
• pruimlikeur
• pruimpit
• pruimsap
• pruimtabak

Vertaling:
Engels: plum; quid, chew
Nederlands: pruim
Zoeloe: ipulamu


Werkwoord: pruim
Verlede tyd: het gepruim

Betekenis:
• Tabak kou.

Gebruik:
• Hy pruim tabak.

Vertaling:
Engels: to chew tobacco
Nederlands: pruimen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ellende
Volgende onderwerp: py
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:48:34 UTC 2025