dyk [boodskap #130827] |
Sun, 12 April 2020 15:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dyk
Afbreking: dyk
Selfstandige naamwoord: dyk
Meervoud: dyke
Verkleinwoord: dykie
Meervoud van verkleining: dykies
Betekenis:
• 'n Mensgemaakte keerwal wat ontwerp en gebou is om 'n gebied teen hoë water af te skerm.
Gebruik:
• Die Afsluitdyk is 'n dyk in Nederland wat sedert 1932 die Ysselmeer (die voormalige Suidersee) van die Waddensee afsluit.
Afgelei:
• dykbreuk
• dykgat
• dykwerker
Verwant:
• polder
Vertaling:
Engels: dike, bank
Nederlands: dijk
Nota:
• Moenie "dyk" met "duik" verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|