Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pofadder
pofadder [boodskap #130824] Sun, 12 April 2020 15:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pofadder.
'n Pofadder.
pofadder
Afbreking: pof•ad•der
Samestelling: pof + adder
Uitspraak: /ˈpɔfˌa.dər/


Selfstandige naamwoord: pofadder
Meervoud: pofadders
Verkleinwoord: pofaddertjie
Meervoud van verkleining: pofaddertjies

Betekenis:
• Giftige en aggressiewe slang wat hom opblaas as hy kwaad word (Bitis arietans of Bitis lachesis).
• Tradisionele Suid-Afrikaanse gereg van lewer en niertjies in 'n vetderm.
• Dorp in Boesmanland, Noord-Kaap, sowat 151 km suidwes van Kakamas en 185 km noordoos van Springbok.

Gebruik:
• Die pofadder is verantwoordelik vir meer dodelike slangbytgevalle as enige ander Afrikaslang.
• Vanaand braai ons 'n pofadder.
Pofadder lê in 'n halfwoestyngebied en is die sentrum van 'n skaapboerderystreek.

Vertaling:
Engels: puffadder
Nederlands: pofadder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: plek-plek
Volgende onderwerp: polder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:45:30 UTC 2025