platejoggie [boodskap #130822] |
So, 12 April 2020 14:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
platejoggie
Afbreking: pla•te•jog•gie
Samestelling: plate + joggie
Uitspraak: /ˈplɑːtəˌjɔχi/
Selfstandige naamwoord: platejoggie
Meervoud: platejoggies
Betekenis:
• Versorger van musiek op die radio, in 'n diskoteek of op 'n dansparty.
Gebruik:
• Benewens akteur is hy ook 'n platejoggie onder die naam Big Driis en 'n hip-hop-soulmusikant.
Vertaling:
Engels: disc jockey
Nederlands: dj
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|