outisme [boodskap #130814] |
Sun, 12 April 2020 08:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
outisme
Afbreking: ou•tis•me
Uitspraak: /əʉˈtismə/
Selfstandige naamwoord: outisme
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Steuring in die brein wat interaksie met die omgewing en ander mense bemoeilik.
Gebruik:
• Van die simptome van outisme is: beperkte sosiale interaksie, min tot geen oogkontak, beperkte verbale en nie-verbale kommunikasie, asook herhalende en stereotiepe gedrag.
Vertaling:
Engels: autism
Nederlands: autisme
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|