Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ossewa
ossewa [boodskap #130813] Sun, 12 April 2020 08:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ossewa te midde van hewige gevegte.
'n Ossewa te midde van hewige gevegte.
ossewa
Afbreking: os•se•wa
Samestelling: osse + wa
Uitspraak: /ˈɔ.səˌvɑː/


Selfstandige naamwoord: ossewa
Meervoud: ossewaens
Verkleinwoord: ossewaentjie
Meervoud van verkleining: ossewaentjies

Betekenis:
• 'n Tradisionele vervoermiddel wat deur 'n span osse getrek is.

Gebruik:
• Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa, ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika. [Die Stem van Suid-Afrika]
• Die ossewa was nie net 'n vervoermiddel nie, maar ook 'n mobiele fortifikasie (bekend as 'n laer), soos die geval was by Bloedrivier.

Sinoniem:
• kakebeenwa

Vertaling:
Engels: oxcart, ox-waggon, bullock-wagon
Nederlands: ossenwagen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ore
Volgende onderwerp: outisme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:41:55 UTC 2025