Leksikograaf Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
ore
Afbreking: o•re
Uitspraak: /uə̯ɾə/
Selfstandige naamwoord: oor
Meervoud: ore
Verkleinwoord: oortjie
Meervoud van verkleining: oortjies
Betekenis:
• Meervoud van oor. Meer as een gehoororgaan.
Gebruik:
• Hulle het ore, maar kan nie hoor nie, ook het hulle neuse, maar kan nie ruik nie. [Psalm 115:6]
Spreekwoord:
• Hy spits sy ore. [Hy luister aandagtig.]
• Die ore laat hang. [Moed verloor.]
• Die mure het ore. [Dis gevaarlik om hier te veel te sê.]
• Ek het werk tot oor my ore. [Baie werk hê.]
• Husse met lang ore. ['n Onsinnige antwoord aan nuuskierige kinders.]
• Hy eet my ore van my kop af. [Eet besonder baie.]
• Hy het lang ore. [Baie nuus te hore kom.]
• Hy is nog nat agter die ore. [Nog jonk en onervare.]
• Hy is nie eers droog agter die ore nie. [Baie jonk en onervare.]
• Hy is tot oor sy ore in die skuld. [Baie diep in die skuld.]
• Hy kan mielies in sy ore plant. [Iemand se ore is baie vuil.]
• Jy kan aartappels in sy ore plant. [Sy ore is baie vuil.]
• Hy sit my ore aan. [Iemand verkul; iemand wen.]
• Iemand die vel oor die ore trek. [Hom glad te veel laat betaal.]
• Iemand se kop tussen sy ore sit. [Iemand 'n les leer of berispe.]
• Iemand se ore brand. [Daar word van iemand gepraat.]
• Klein muisies het groot ore. ['n Mens moet versigtig wees wat jy voor kinders sê.]
• Klein potjies het groot ore. [Kinders hoor meer as wat 'n mens dink.]
• Moenie jou ore uitleen nie. [Moenie na allerhande praatjies luister nie.]
• Sy het geen ore aan haar kop nie. [Sy is ongehoorsaam.]
Vertaling:
Engels: ears
Nederlands: oren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.