Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onse
onse [boodskap #130806] Sat, 11 April 2020 20:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
onse
Afbreking: on•se
Uitspraak: /ˈɔnsə/


Besitlike voornaamwoord: onse

Betekenis:
• (argaïes) 'n Verouderde vorm van ons. Dui aan dat iets aan die spreker en aan een of meer ander persone behoort.

Gebruik:
Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. [Matt. 6:9, 1953]
• Dit is onse mense daardie.

Vertaling:
Engels: ours
Nederlands: onze

Nota:
• Besitlike voornaamwoord van die eerste persoon, meervoud.


Selfstandige naamwoord: ons
Meervoud: onse

Betekenis:
• Meervoud van ons. Meer as een maateenheid van 'n sestiende deel van die gewig van 'n pond (28,349523125 gram).

Gebruik:
• Ons gebruik nie meer onse om die gewig van goedere aan te dui nie.

Spreekwoord:
• Hoeveel onse in jou pond? [Wie word almal onder "ons" bedoel?]

Vertaling:
Engels: ounces
Nederlands: onsen, onzen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oliebol
Volgende onderwerp: ontsteking
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 11:37:59 UTC 2025