| neuk [boodskap #130796] |
Sa., 11 April 2020 11:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26824 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
neuk
Afbreking: neuk
Uitspraak: /nɪøk/
Werkwoord: neuk
Verlede tyd: het geneuk
Teenwoordige deelwoord: neukend, neukende
Verlede deelwoord: geneukte
Betekenis:
• (pejoratief) Om te slaan; te lyf gaan; met vuiste bydam.
• Om te pla en lastig te val; lol; hinder; karring; moeilikheid maak.
• Om die verkeerde ding te doen of die verkeerde pad te volg; aanjaag.
Gebruik:
• Ek gaan jou neuk!
• Moenie aan my neuk nie! Hou op om met die stoel te neuk en eet jou kos.
• Jy neuk al weer stroomop, knapie!
Afgelei:
• opneuk
• rondneuk
Vertaling:
Engels: to push, hit, strike
Nederlands: neuken, afranselen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|