Leksikograaf Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
muggie
Afbreking: mug•gie
Uitspraak: /ˈmœ.χi/
Selfstandige naamwoord: muggie
Meervoud: muggies
Betekenis:
• 'n Klein, vlieënde insek in die orde van tweevlerkiges wat in swerms voorkom en baie lastig kan wees.
Gebruik:
• In tropiese gebiede dra muggies dikwels dodelike siektes (soos malaria) op groot skaal aan mense en diere oor.
Spreekwoord:
• Van 'n muggie 'n olifant maak. [Iets baie oordryf.]
• Hy gebruik 'n voorhamer om 'n muggie dood te slaan. [Skenk oordrewe aandag aan 'n onbelangrike saak.]
• Die muggie uitsif, maar die kameel insluk. [Op kleinighede let, maar op belangrike, ernstige dinge geen ag slaan nie.]