Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mou
mou [boodskap #130792] Sat, 11 April 2020 10:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Mou.
'n Mou.
mou
Afbreking: mou
Uitspraak: /mœu̯/


Selfstandige naamwoord: mou
Meervoud: moue
Verkleinwoord: moutjie
Meervoud van verkleining: moutjies

Betekenis:
• Die deel van 'n kledingstuk wat die arm bedek.

Gebruik:
• My hemp se mou het geskeur.

Spreekwoord:
• Die aap uit die mou laat. [Die geheim verklap.]
• Die hand uit die mou steek. [Jou inspan.]
• Hy dra sy hart op sy mou. [Hy wys maklik sy gevoelens.]
• Hy het 'n kaart in sy mou. [Hy het 'n plan wat later uitgevoer kan word.]
• Iets in die mou voer. [Geheime planne of voornemens hê.]
• Iets uit die mou skud. [Sonder inspanning iets te voorskyn bring.]
• 'n Mou aan iets pas. ['n Oplossing vind.]
• Iemand iets op die mou speld. [Iemand iets wysmaak.]

Antoniem:
• broekspyp

Afgelei:
• hempsmou
• kortmouhemp
• langmouhemp
• mouloos

Vertaling:
Engels: sleeve
Nederlands: mouw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: moltrein
Volgende onderwerp: muggie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 11:12:52 UTC 2025