Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » middelmannetjie
middelmannetjie [boodskap #130787] Sat, 11 April 2020 09:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Middelmannetjie op 'n grondpad.
'n Middelmannetjie op 'n grondpad.
middelmannetjie
Afbreking: mid•del•man•ne•tjie
Samestelling: middel + mannetjie
Uitspraak: /ˈmɪd(ə)lˌmʌnəki/


Selfstandige naamwoord: middelmannetjie
Meervoud: middelmannetjies

Betekenis:
• Bult tussen wielspore op 'n grondpad.
• 'n Kinderspel.

Gebruik:
• As die middelmannetjie te hoog raak kan dit die kar se onderstel beskadig.
• In middelmannetjie gooi twee maatjies 'n bal vir mekaar, terwyl 'n derde in die middel probeer om die bal te onderskep.

Sinoniem:
• middelloop
• middelrif

Vertaling:
Engels: ridge in a road
Nederlands: rif in een weg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: melkskommel
Volgende onderwerp: middelmatigheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 11:21:27 UTC 2025