lywe [boodskap #130782] |
Sat, 11 April 2020 07:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lywe
Afbreking: ly•we
Uitspraak: /ˈləi.və/
Selfstandige naamwoord: lyf
Meervoud: lywe
Verkleinwoord: lyfie
Meervoud van verkleining: lyfies
Betekenis:
• Meervoud van lyf. Meer as een liggaam van mense of diere.
Gebruik:
• Ná rustyd het die tuisspan hul lywe op die spel geplaas met hul puik verdediging en was ongelukkig om nie die knoop deur te hak nie.
Spreekwoord:
• In lewende lywe. [In eie persoon.]
Vertaling:
Engels: bodies, corpses
Nederlands: lijven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|