kurk [boodskap #130773] |
Sat, 11 April 2020 06:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kurk
Afbreking: kurk
Uitspraak: /kœrk/
Selfstandige naamwoord: kurk
Meervoud: kurke
Betekenis:
• 'n Ligte, poreuse materiaal, afkomstig van die kurkeik.
Gebruik:
• Kurk is lig, vuurvas en elasties.
Afgelei:
• kurkprop
• kurktrekker
Vertaling:
Engels: cork
Nederlands: kurk
Werkwoord: kurk
Verlede tyd: het gekurk
Betekenis:
• Met kurk toemaak.
Gebruik:
• Die wynbottels word gevul en gekurk.
Afgelei:
• kurkdroog
• kurkprop
• kurksmaak
• kurktrekker
Vertaling:
Engels: to cork, close
Nederlands: kurken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|