EEKHORING deur Sheila Cussons [boodskap #12653] |
Sun, 15 February 1998 00:00 |
J H Rykheer
Boodskappe: 34 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Asof hy kwik vir spiere het
golf hy boomop, stol elektries, skikplet *
hom platgesprei teen die bas, tussen
sy behoedsame ogies en rilling op rilling
sidderende pluimstert -
Loer, bespied 'n vallende akker,
stroom vaal teen die vaal stam af,
bondel hom bolletjie en met heeltemal handjies
ontdop hy sy vonds gejaag en knabbel
dit op, skoon stuipbevange van angs en genot.
Oorgetik deur Johanna Rykheer
* skikplet: Nie in HAT nie, maar om te "plet"
beteken platslaan, platpers, bv om metaal te
plet.
|
|
|