Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koper
koper [boodskap #130770] Vr., 10 April 2020 18:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26179
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Kopererts
Kopererts
koper
Afbreking: ko•per
Uitspraak: /koːpər/


Selfstandige naamwoord: koper
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Rooibruin metaal en chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Cu en atoomgetal van 29.

Gebruik:
• Naas silwer, wat aansienlik duurder is, is koper die beste geleier van elektriese stroom en warmte van al die metale.

Spreekwoord:
• Dis goud wat blink, maar koper wat stink. [Die skyn bedrieg.]

Hiponiem:
• geelkoper
• rooikoper

Afgelei:
• kopererts
• kopermyn
• koperoksied
• koperplaat
• kopersmid
• kopersulfaat
• koperverbinding

Vertaling:
Engels: copper
Nederlands: koper


Selfstandige naamwoord: koper
Meervoud: kopers
Verkleinwoord: kopertjie
Meervoud van verkleining: kopertjies

Betekenis:
• 'n Persoon wat iets koop.

Gebruik:
• Hy kon nie 'n koper vir sy motor kry nie.

Antoniem:
• verkoper

Vertaling:
Engels: buyer, purchaser
Nederlands: koper

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kooi
Volgende onderwerp: kots
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Aug. 19 09:55:56 UTC 2026