klinker [boodskap #130763] |
Fri, 10 April 2020 15:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klinker
Afbreking: klin•ker
Uitspraak: /ˈkləŋ.kər/
Selfstandige naamwoord: klinker
Meervoud: klinkers
Verkleinwoord: klinkertjie
Meervoud van verkleining: klinkertjies
Betekenis:
• Spraakklank gevorm met 'n oop spraakkanaal sonder enige afsluiting of obstruksie in die lugstroom.
• 'n Letter of teken wat 'n dergelike spraakklank voorstel.
• 'n Soort hard gebakte baksteen.
• Harde koekie of beskuit; skeepsbeskuit.
Gebruik:
• As 'n klinker uitgespreek word beweeg de lug ongehinderd deur die spraakkanaal by die mond uit sonder 'n merkbare ruis-, knal- of plofgeluid.
• Die letters a, e, i, o, u en y word eweneens klinkers genoem.
• Die pad word met klinkers aangelê.
• Die matroos doop 'n klinker in sy koffie.
Sinoniem:
• vokaal
Antoniem:
• konsonant
• medeklinker
Vertaling:
Engels: vowel; brick, clinker
Nederlands: klinker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|