| kleef [boodskap #130761] |
Vr., 10 April 2020 15:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kleef
Afbreking: kleef
Uitspraak: /kleːf/, /ˈkleː.və/
Werkwoord: kleef
Verlede tyd: het gekleef
Teenwoordige deelwoord: klewende
Betekenis:
• Om aan iets vas te sit of vas te klou.
Gebruik:
• Die kougom kleef aan die man se snor vas.
Spreekwoord:
• Daar kleef 'n reukie aan. [Alles is nie in orde nie.]
• Daar kleef bloed aan die geld. [Dis geld wat vir verraad ontvang is.]
Wisselvorm:
• klewe
Sinoniem:
• bind
• plak
• vashou
• vasklem
• vasklou
• vassteek
• vassit
• verenig
Afgelei:
• aankleef
• klewerig
• kleefband
• kleeflint
• kleefmiddel
• kleefmyn
• kleefpleister
• kleefstof
Vertaling:
Engels: to stick, be sticky
Nederlands: kleven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|