kieliebak [boodskap #130760] |
Fri, 10 April 2020 13:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kieliebak
Afbreking: kie•lie•bak
Samestelling: kielie + bak
Uitspraak: /ˈki.liˌbak/
Selfstandige naamwoord: kieliebak
Meervoud: kieliebakke
Verkleinwoord: kieliebakkie
Meervoud van verkleining: kieliebakkies
Betekenis:
• Die kielierige holte onder die skouer, tussen die arm en die lyf.
Gebruik:
• Hy knyp die koerant onder sy kieliebak vas.
Sinoniem:
• armholte
• oksel
Vertaling:
Engels: armpit
Latyn: axilla
Nederlands: oksel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|