Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoenders
hoenders [boodskap #130746] Fri, 10 April 2020 07:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Hoenders
Hoenders
hoenders
Afbreking: hoen•ders
Uitspraak: /ˈɦu.nərs/


Selfstandige naamwoord: hoender
Meervoud: hoenders
Verkleinwoord: hoendertjie
Meervoud van verkleining: hoendertjies

Betekenis:
• Meervoud van hoender. Meer as een hoender.

Gebruik:
Hoenders is oor duisende jare van die rooiboshoender (Gallus gallus) geteel.

Spreekwoord:
• Met die hoenders opstaan. [Baie vroeg opstaan.]
• Met die hoenders gaan slaap. [Baie vroeg gaan slaap.]
• Vir iemand die hoenders in wees. [Kwaad wees vir iemand.]
• Dit lyk of die hoenders sy kos afgevat het. [Hy lyk verleë.]
• Maljan onder die hoenders. [Die enigste man onder 'n aantal dames.]
• Dit sal gebeur as die hoenders tande kry. [Dit sal nooit gebeur nie.]
• Iemand na die hoenders laat gaan. [Nie omgee wat van iemand word nie.]
• 'n Jakkals wat slaap, tel hoenders in sy drome. [Wanneer 'n skelm nie sy streke uitvoer nie, maak hy planne.]
• Die hoenders aan die jakkals toevertrou. ['n Onskuldige persoon aan die genade van 'n skurk oorlaat.]

Vertaling:
Engels: chickens, hens, fowl
Nederlands: hoenderen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hobo
Volgende onderwerp: honderd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 11:37:35 UTC 2025