gesondheid [boodskap #130721] |
Wo, 08 April 2020 18:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20806 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gesondheid
Afbreking: ge•sond•heid
Uitspraak: /χəˈsɔntˌɦəi̯t/
Selfstandige naamwoord: gesondheid
Meervoud: –
Betekenis:
• In 'n goeie toestand; nie siek of beseer nie.
Gebruik:
• Die wêreldgesondheidsorganisasie omskryf gesondheid as 'n toestand van liggaamlike, geestelike en maatskaplike welsyn en nie net van die afwesigheid van siekte en swakheid nie.
Sinoniem:
• welstand
Afgelei:
• gesondheidsprobleem
• gesondheidsoord
• gesondheidsorg
• gesondheidsvoordeel
Vertaling:
Engels: health, healthiness, soundness
Nederlands: gezondheid
Xhosa: impil, 9
Tussenwerpsel: gesondheid
Betekenis:
• Uitroep as 'n heildronk ingestel word of as iemand nies of hoes.
Gebruik:
• Gesondheid op die rondheid!
Vertaling:
Engels: cheers
Nederlands: gezondheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|