erdwolf [boodskap #130720] |
Wo, 08 April 2020 18:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20806 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
erdwolf
Afbreking: erd•wolf
Samestelling: erd (aarde) + worf
Uitspraak: /ˈɛrtvoɫf/
Selfstandige naamwoord: erdwolf
Meervoud: erdwolwe
Verkleinwoord: erdwolfie
Meervoud van verkleining: erdwolfies
Betekenis:
• 'n Wolfagtige nagdier (Proteles cristatus) met lang, donker maanhare en dik behaarde stert.
Gebruik:
• Die erdwolf se pels het 'n liggeel agtergrond, met vier tot vyf vertikale swart strepe op die lyf en onreëlmatige strepe op die pote.
Sinoniem:
• aardwolf
• ghaip
• ghei
• gheip
• gheipjakkals
• ghie
• ghiep
• ghob
• maanhaarjakkals
• neip
• naderoe
• nadroe
• nadroejakkals
• weerwolf
Vertaling:
Engels: aardwolf, maned jackal
Nederlands: aardwolf
Zoeloe: isingci
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|