toevlugsoord [boodskap #130719] |
Wo, 08 April 2020 16:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toevlugsoord
Afbreking: toe•vlugs•oord
Samestelling: toevlug + -s- + oord
Selfstandige naamwoord: toevlugsoord
Meervoud: toevlugsoorde
Verkleinwoord: toevlugsoordjie
Meervoud van verkleining: toevlugsoordjies
Betekenis:
• Plek waarheen 'n mens in tye van skaarsheid en bedreiging kan gaan.
Gebruik:
• Die oewers van die Vaalrivier het 'n toevlugsoord geword waar talle hawelose gesinne deesdae 'n bestaan maak deur vis te vang.
Sinoniem:
• hawe
• skuilplek
• rusplek
• wegkruipplek
Vertaling:
Engels: shelter, haven, asylum, sanctuary, place of refuge
Nederlands: toevluchtsoord
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|