pekel [boodskap #130704] |
Tue, 07 April 2020 17:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pekel
Afbreking: pe•kel
Selfstandige naamwoord: pekel
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Sterk oplossing van water en sout.
Gebruik:
• Pekel word onder andere gebruik om kos teen bederf te beskerm en om kaas te vervaardig.
Spreekwoord:
• Hy is in die pekel. [Hy is in die moeilikheid.]
Sinoniem:
• moeilikheid
• pekelwater
• soutwater
Afgelei:
• pekelafsetting
• pekelagtig
• pekelbalie
• pekelharing
• pekelkos
• pekelsonde
• pekelsout
• pekelspek
• pekelvaatjie
• pekelvleis
Vertaling:
Engels: pickle, brine
Nederlands: pekel
Werkwoord: pekel
Verlede tyd: het gepekel
Betekenis:
• Aan 'n sterk oplossing van sout blootstel.
Gebruik:
• Sy pekel die vleis sodat dit langer gebêre kan word.
Sinoniem:
• inlê
• insout
Vertaling:
Engels: to pickle, salt, cure
Nederlands: pekelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|