besmet [boodskap #130699] |
Mon, 06 April 2020 19:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
besmet
Afbreking: besmet
Werkwoord: besmet
Verlede tyd: het besmet
Betekenis:
• Blootstel aan 'n kiem, gif of radio-aktiewe materiaal sodat iemand die draer daarvan word.
Gebruik:
• Die siek man het almal by die werk met die virus besmet.
Spreekwoord:
• Wie met pik omgaan, word daarmee besmet. [Wie met slegte vriende omgaan, word self sleg.]
Vertaling:
Engels: to infect, contaminate, pollute, stain, defile
Nederlands: besmetten
Byvoeglike naamwoord: besmet
Attributief: besmette
Betekenis:
• Besoedel of bevuil.
Gebruik:
• Hy is met die virus besmet.
Antoniem:
• onbesmet
Vertaling:
Engels: infected, contaminated
Nederlands: besmet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|