bevoeg [boodskap #130692] |
Mon, 06 April 2020 15:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bevoeg
Afbreking: be•voeg
Byvoeglike naamwoord: bevoeg
Attributief: bevoegde
Betekenis:
• Amptelik geregtig om iets te doen; gemagtig.
• Gekwalifiseerd en in staat om iets te doen.
Gebruik:
• Enige persoon wat 16 jaar of ouer is, is bevoeg om 'n testament te maak.
• Is jy seker jy is bevoeg om die werk te kan doen?
Antoniem:
• onbevoeg
Afgelei:
• bevoegdheid
Vertaling:
Engels: competent, qualified
Nederlands: bevoegd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|