Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » elf
elf [boodskap #130688] So., 05 April 2020 19:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26794
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
elf
Afbreking: elf
Uitspraak: /ɛlf/


Telwoord: elf

Betekenis:
• Die getal 11. Een meer as tien en een minder as twaalf.

Gebruik:
• Die boek het elf hoofstukke.

Verwant:
• elfde

Vertaling:
Engels: eleven
Nederlands: elf
Zoeloe: ishumi nanye


Selfstandige naamwoord: elf
Meervoud: elfs, elwe
Verkleinwoord: elfie
Meervoud van verkleining: elfies

Betekenis:
• Die syfer 11 (10 + 1).
• 'n Mitologiese wese wat oor bonatuurlike kragte beskik.
• 'n Vleisetende en vraatsugtige seevis wat aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom.

Gebruik:
• Die elf van hulle is besig om my van my kop af te dryf.
• Elwe word dikwels voorgestel as mooi jong mense wat in grotte of beboste gebiede woon, van musiek hou en groen en bruin klere dra.
• Gedurende die winter migreer die elf van die suidkus tot by KwaZulu-Natal waar die wyfies gedurende September tot Desember kuit skiet.

Afgelei:
• elfuur

Vertaling:
Engels: eleven; elf, fairy
Nederlands: elf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sakpas
Volgende onderwerp: kinderboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Okt. 10 12:34:26 UTC 2026