duikweg [boodskap #130681] |
So, 05 April 2020 16:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
duikweg
Afbreking: duik•weg
Samestelling: duik + weg(pad)
Uitspraak: /ˈdœi̯k.fɛx/
Selfstandige naamwoord: duikweg
Meervoud: duikweë
Verkleinwoord: duikweggie
Meervoud van verkleining: duikweggies
Betekenis:
• 'n Pad of loopvlak wat onder iets anders deurloop. Pad onderdeur 'n ander pad, spoorlyn, ens.
Gebruik:
• Die duikweg is weer vol water as gevolg van die pomp wat nooit herstel is nie.
Vertaling:
Engels: subway, underpass
Nederlands: onderdoorgang, viaduct, tunnel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|