skrobbering [boodskap #130676] |
Sun, 05 April 2020 13:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skrobbering
Afbreking: skrob•be•ring
Selfstandige naamwoord: skrobbering
Meervoud: skrobberings
Verkleinwoord: skrobberinkie
Meervoud van verkleining: skrobberinkies
Betekenis:
• Iemand berispe. 'n Persoon skerp teregwys en bestraf.
Gebruik:
• Dalk is die opvoedingstelsel vandag meer verdraagsaam teenoor foute en mislukkings, maar in my prille jeug het jy vinnig 'n skrobbering van onderwysers en ouers gekry wanneer jy 'n fout maak.
Sinoniem:
• afranseling
• afjak
• berisping
• strafpredikasie
• teregwysing
Vertaling:
Engels: dressing-down, scolding
Nederlands: schrobbering
Nota:
• Afgelei van "skrop" af.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|