vuurvas [boodskap #130666] |
Sun, 05 April 2020 06:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vuurvas
Afbreking: vuur•vas
Samestelling: vuur + vas
Byvoeglike naamwoord: vuurvas
Attributief: vuurvaste
Betekenis:
• Bestand teen vuur en hitte.
Gebruik:
• Die Pous se motor is vuurvas en koeëlvas.
• Die kluis is vuurvas en sal dokumente vir vier ure in 'n gewone huisbrand beskerm.
• Vuurvaste stene en beton kan gebruik word om 'n kamer vuurvas te maak.
Sinoniem:
• brandbestand
• brandwerend
• hittebestand
• hittevas
• onbrandbaar
• vuurbestand
Antoniem:
• brandbaar
• vlambaar
Afgelei:
• vuurvastheid
Vertaling:
Engels: fireproof, fire-resistant
Nederlands: vuurvast
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|