Betekenis:
• Skamele, noupassende broekie wat kwalik die nodige toemaak.
• Tou waarmee 'n geweerloop skoongemaak word.
Gebruik:
• Die vorms van bikinis het 'n sterk ooreenkoms met vroue-onderklere en die onderstuk kan wissel van 'n broekie tot 'n gewaagde deurtrekker.
• Ná die skietoefening olie die soldate hul deurtrekkers om hul gewere skoon te maak.