Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deksel
deksel [boodskap #130661] Sat, 04 April 2020 18:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pot met 'n deksel.
'n Pot met 'n deksel.
deksel
Afbreking: dek•sel
Uitspraak: /ˈdɛk.səl/


Selfstandige naamwoord: deksel
Meervoud: deksels
Verkleinwoord: dekseltjie
Meervoud van verkleining: dekseltjies

Betekenis:
• Die platterige deel van 'n houer, vat of doos wat die bokant daarvan afsluit.

Gebruik:
• Die pot is gemaak van gietyster en het 'n los deksel.

Spreekwoord:
• Voedsel en deksel. [Kos en woonplek.]
• Elke pot kry sy deksel. [Elkeen kry die maat wat by hom pas.]
• Hy het hulle versorg met voedsel en deksel. [Met kos en klere.]
• Wie die laaste druppel uit die kan wil hê, kry die deksel op sy neus. [Wie die uiterste begeer, kry dikwels niks.]

Afgelei:
• hoofdeksel

Vertaling:
Engels: cover, lid, hood
Nederlands: deksel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dassiepis
Volgende onderwerp: deure
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 05:07:20 UTC 2025