buit [boodskap #130645] |
Sat, 04 April 2020 12:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
buit
Afbreking: buit
Uitspraak: /bʊ̟ɪt/
Werkwoord: buit
Verlede tyd: het gebuit
Betekenis:
• Die onwettige of gewelddadige verowering of beslaglegging van goedere.
Gebruik:
• Hulle sal dié plunder wat hulle geplunder het, en die besittings buit van dié wat hulle s'n gebuit het. [Esegiël 39:10]
Afgelei:
• uitbuit
Vertaling:
Engels: to plunder, pilfer
Nederlands: plunderen
Selfstandige naamwoord: buit
Meervoud: –
Betekenis:
• Goedere wat deur diefstal of verowering verkry is.
Gebruik:
• Toe hulle die buit wou verdeel het die bendelede handgemeen begin raak.
Afgelei:
• buitgeld
• buitgoed
• buitlustig
• buitsug
• buitvee
Vertaling:
Engels: booty, spoils, loot
Nederlands: buit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|