Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » burgeroorlog
burgeroorlog [boodskap #130643] Sat, 04 April 2020 10:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Eerste Slag van Bull Run tydens die Amerikaanse Burgeroorlog.
Die Eerste Slag van Bull Run tydens die Amerikaanse Burgeroorlog.
burgeroorlog
Afbreking: bur•ger•oor•log
Samestelling: burger + oorlog
Uitspraak: /ˈbœr.χərˌʊə̯r.lɔχ/


Selfstandige naamwoord: burgeroorlog
Meervoud: burgeroorloë
Verkleinwoord: burgeroorloggie
Meervoud van verkleining: burgeroorloggies

Betekenis:
• 'n Oorlog tussen die burgers van 'n land. Gewapende stryd tussen twee of meer bevolkingsgroepe in dieselfde land of ryk.

Gebruik:
• 'n Burgeroorlog kan met 'n bloedbad of selfs volksmoord gepaardgaan.
Burgeroorloë word dikwels om godsdienstige, etniese of politieke redes gevoer, maar is soms slegs 'n stryd tussen mededingende groepe.

Hiperoniem:
• oorlog

Vertaling:
Engels: civil war
Nederlands: burgeroorlog

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bult
Volgende onderwerp: bytjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 05:18:59 UTC 2025