Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » brander
brander [boodskap #130632] Sat, 04 April 2020 08:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Branders
Branders
brander
Afbreking: bran•der
Uitspraak: /ˈbran.dər/


Selfstandige naamwoord: brander
Meervoud: branders
Verkleinwoord: brandertjie
Meervoud van verkleining: brandertjies

Betekenis:
• 'n Golf (gewoonlik ter see) wat gebreek het.
• Apparaat wat vorm aan 'n vlam gee. Kop van metaal wat verbranding beheer, soos by gas- of spirituslampe.

Gebruik:
• Die boot se skipper is deur 'n groot brander oorboord geslaan.
• Die brander geen nie 'n egalige vlam nie.

Spreekwoord:
• Iemand 'n brander stuur. [Iemand ’n kwaai brief stuur.]

Sinoniem:
• golf

Afgelei:
• branderplank
• branderwerking

Vertaling:
Engels: breaker, wave
Nederlands: braning; brander

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: branderplank
Volgende onderwerp: bredie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 05:11:22 UTC 2025