Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boei
boei [boodskap #130622] Vr., 03 April 2020 18:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Boei.
'n Boei.
boei
Afbreking: boei
Uitspraak: /bui̯/


Selfstandige naamwoord: boei
Meervoud: boeie
Verkleinwoord: boeitjie
Meervoud van verkleining: boeitjies

Betekenis:
• 'n Drywende baken wat in die water geanker is om gevare, soos vlak water of obstruksies, aan te dui.
• 'n Drywende reddingsmiddel om iemand bo die water te hou.
• 'n Band (gewoonlik van metaal) wat om 'n persoon se hand of voet gesluit word om beweging te beperk.

Gebruik:
• Die skip het versigtig tussen die boeie deurgevaar.
• Die lewensredder het 'n boei na die swemmer gegooi.
• Haal die boeie af, ek is nie 'n krimineel nie!

Afgelei:
• handboei
• reddingsboei
• voetboei

Vertaling:
Engels: buoy; life buoy, life ring; shackle, handcuff
Nederlands: boei

'n Persoon wat geboei is.
'n Persoon wat geboei is.

Werkwoord: boei
Verlede tyd: het geboei
Teenwoordige deelwoord: boeiend, boeiende
Verlede deelwoord: geboeide

Betekenis:
• Om boeie aan te sit; iemand se vryheid inperk deur hom in boeie te slaan.
• Om die aandag te gryp of belangstelling te prikkel.

Gebruik:
• Boei hom; hy is 'n dief!
• Die boek het my geboei.

Vertaling:
Engels: to shackle, handcuff; to captivate, fascinate, enthral
Nederlands: boeien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gryswater
Volgende onderwerp: boereplaas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Okt. 17 11:15:04 UTC 2026