Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boei
boei [boodskap #130622] Fri, 03 April 2020 18:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Boei.
'n Boei.
boei
Afbreking: boei
Uitspraak: /bui̯/


Selfstandige naamwoord: boei
Meervoud: boeie
Verkleinwoord: boeitjie
Meervoud van verkleining: boeitjies

Betekenis:
• 'n Drywende baken wat onderwater geanker is om vlak water en ander obstruksies aan te dui.
• 'n Drywende reddingsmiddel.
• 'n Ysterband wat om 'n persoon se hand of voet sluit. Toestel waarmee iemand gevange gehou word.

Gebruik:
• Jy moet tussen die boeie vaar, anders stand die skip.
• Daai man gaan verdrink, gooi vir hom 'n boei.
• Haal die boeie af, ek is nie 'n krimineel nie!

Afgelei:
• reddingsboei
• voetboei

Vertaling:
Engels: buoy
Nederlands: boei

'n Persoon wat geboei is.
'n Persoon wat geboei is.

Werkwoord: boei
Verlede tyd: het geboei

Betekenis:
• Boeie aansit. Iemand se vryheid inperk deur hom in boeie te slaan.
• Die aandag aangryp.

Gebruik:
Boei hom, hy is 'n dief.
• Die verhaal boei my.

Vertaling:
Engels: to shackle; to captivate, fascinate
Nederlands: boeien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gryswater
Volgende onderwerp: boereplaas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 04:08:36 UTC 2025