Betekenis:
• Die vetdele van melk waarvan produkte soos botter en kaas gemaak word.
• 'n Skoonheidsproduk of geneesmiddel wat op die vel aangewend word.
Gebruik:
• Room wat van melk afgeskei is mag "soet room" genoem word om dit te onderskei van weiroom afgeskep van wei, 'n byproduk in die maak van kaas.
• Smeer bietjie room aan jou skurwe elmboë en knieknoppe.