kaalvoet [boodskap #130605] |
Wed, 01 April 2020 19:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kaalvoet
Afbreking: kaal•voet
Samestelling: kaal + voet
Selfstandige naamwoord: kaalvoet
Meervoud: kaalvoete
Verkleinwoord: kaalvoetjie
Meervoud van verkleining: kaalvoetjies
Betekenis:
• Sonder skoene.
Gebruik:
• 'n Studie het bevind dat kinders wat kaalvoet loop beter balans het en verder kan spring as kinders wat skoene dra.
Spreekwoord:
• Adam en Eva se skoene aantrek. [Kaalvoet loop.]
• Skoenmaker se kinders loop kaalvoet. [Vrygewigheid moet by jou eie huis begin.]
Sinoniem:
• blootsvoets
• kaalpoot
Afgelei:
• kaalvoetmeisie
• kaalvoetkind
• kaalvoetseun
Vertaling:
Engels: barefoot, barefooted, bootless
Nederlands: blootsvoets
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|