| bloedgroep [boodskap #130604] |
Wo., 01 April 2020 18:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24163 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die klassifikasie van bloed.
bloedgroep
Afbreking: bloed•groep
Samestelling: bloed + groep
Uitspraak: /ˈblut.χrup/
Selfstandige naamwoord: bloedgroep
Meervoud: bloedgroepe
Verkleinwoord: bloedgroepie
Meervoud van verkleining: bloedgroepies
Betekenis:
• Klassifikasie van bloed volgens die aan- of afwesigheid van bepaalde molekules ('antigene') op die membrane van rooibloedselle.
Gebruik:
• In die ABO-stelsel word 'n indiwidu se bloedgroep bepaal deur die kombinasie van A- en B-gene wat hy van sy moeder en vader ontvang.
Vertaling:
Engels: blood type
Nederlands: bloedgroep
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|