bieg [boodskap #130597] |
Wed, 01 April 2020 11:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bieg
Afbreking: bieg
Uitspraak: /ˈbiχ/
Werkwoord: bieg
Verlede tyd: het gebieg
Teenwoordige deelwoord: biegtende
Verlede deelwoord: gebiegte
Betekenis:
• Jou skuld of sondes erken.
Gebruik:
• Ek het iets op die hart wat ek moet bieg.
Spreekwoord:
• Liewer bieg as lieg. [Dit doen 'n mens goed om met die waarheid uit te kom as 'n fout begaan is.]
Sinoniem:
• bely
• beken
Vertaling:
Engels: to confess, admit
Nederlands: biechten
Selfstandige naamwoord: bieg
Meervoud: biegte
Betekenis:
• 'n Erkenning van sondes of skuld.
Gebruik:
• Wat 'n priester in die bieg hoor, mag hy onder geen omstandighede openbaar maak nie, al moet hy swaar vir sy stilswye boet.
Spreekwoord:
• Iemand die bieg afneem. [Om iemand streng uit te vra en te vermaan.]
Sinoniem:
• bekentenis
• belydenis
Afgelei:
• bieggeheim
• biegroman
Vertaling:
Engels: confession
Nederlands: biecht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|