bry [boodskap #130582] |
Tue, 31 March 2020 13:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bry
Afbreking: bry
Werkwoord: bry
Verlede tyd: het gebry
Betekenis:
• Om die "r"-klank met die kleintongetjie uit te spreek.
Gebruik:
• Mense van Malmesbury bry gewoonlik hulle r'e.
Homofoon:
• brei (doen dit met 'n trui, velle of 'n sportspan)
Vertaling:
Engels: to roll one's r's, speak with a burr
Nederlands: brouwen
Selfstandige naamwoord: bry
Meervoud: brye
Betekenis:
• 'n Papperige stof of dik pap.
Gebruik:
• Kook dit tot 'n bry.
Vertaling:
Engels: porridge, pulp
Nederlands: brij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|