aalbessie [boodskap #130570] |
Sun, 29 March 2020 18:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aalbessie
Afbreking: aal•bes•sie
Uitspraak: /ˈɑːɫbesi/
Selfstandige naamwoord: aalbessie
Meervoud: aalbessies
Verkleinwoord: aalbessietjie
Meervoud van verkleining: aalbessietjies
Betekenis:
• Die sappige rooi, swart of wit vrug van struike in die genus Ribes wat in trosse groei.
Gebruik:
• Aalbessies word is dikwels as bestanddeel in Duitse nageregte en soms ook vleisgeregte geruik.
Hiponiem:
• swartaalbessie
• witaalbessie
• rooi-aalbessie
Afgelei:
• aalbessiejellie
• aalbessielikeur
• aalbessiebos
• aalbessiesap
• aalbessievla
• aalbessiewyn
Vertaling:
Engels: currant
Nederlands: aalbes
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|