Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » asyn
asyn [boodskap #130560] Sun, 29 March 2020 14:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
asyn
Afbreking: a•syn
Uitspraak: /aˈsəin/


Selfstandige naamwoord: asyn
Meervoud: asynne
Verkleinwoord: asyntjie
Meervoud van verkleining: asyntjies

Betekenis:
• Verdunde asynsuur wat deur die fermentasie van etanol deur asynsuurbakterieë vervaardig word.

Gebruik:
Asyn is nie net lekker oor tjips nie, dit help ook met slegte spysvertering.

Spreekwoord:
• Met asyn vang jy nie vlieë nie. [Deur vyandig op te tree, bereik 'n mens nie veel nie.]
• Jy vang meer vlieë met 'n lepel stroop as met 'n vat asyn. [Met sagtheid bereik jy meer as met geweld.]

Hiponiem:
• appelasyn
• balsemiekasyn
• rooiwynasyn
• witwynasyn

Afgelei:
• asynagtig
• asynerig
• asynfabriek
• asynfles
• asynsmaak
• asynsuur
• asynvat
• asynvlieg
• asynwater

Vertaling:
Engels: vinegar
Nederlands: azijn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: argaïes
Volgende onderwerp: afslaandak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 04:16:21 UTC 2025