Betekenis:
• 'n Swaar ysterhaak aan 'n ketting wat oorboord gegooi word om 'n skip vas te lê.
• (figuurlik) Iets of iemand wat mens veilig laat voel.
• (maateenheid) 'n Ou inhoudsmaat vir wyn en vishandel (35 liter).
Gebruik:
• Die skip het sy anker verloor.
• Haar ma was haar anker in die lewe.
• Hy het 'n anker wyn gekoop om die winter deur te kom.
Spreekwoord:
• Hy gooi anker by haar. [Hy kuier by haar.]
• Hy lê voor sy laaste anker. [Dit gaan baie sleg met hom.]